Kosmos 94.1 Gesprekke

5 Apr Cope veroordeel Enoch se besluit oor Eskom

20 SEC
Download (146.3 KB)
Cope het die minister van finansies, Enoch Godongwana, gekritiseer nadat hy sy besluit teruggetrek het om Eskom vry te stel van die bekendmaking van vrugtelose, verkwistende en onregmatige uitgawes in sy jaarverslae. Godongwana het enige bybedoeling ontken, en gesê sy besluit was gegrond op die kragvoorsiener se finansiële volhoubaarheid. Hy het vanoggend aangekondig die vrystelling is voorlopig teruggetrek. Cope se nasionale woordvoerder, Dennis Bloem, beweer die vrystelling het ten doel gehad om korrupsie by Eskom toe te smeer.
AF  SOUTH AFRICA